← Kultuur

· Deur Koerania-redaksie

Mini-monument in Orania

Die Kinderkubus is ‘n nuwe monument wat tans in Orania gebou word. Oraniërs het op 16 Mei bymekaargekom om die eerste stene te lê.

Die Kinderkubus is ‘n nuwe monument wat tans in Orania gebou word. Oraniërs het op 16 Mei bymekaargekom om die eerste stene te lê. Die Kinderkubus dien beide as ‘n monument en ‘n speelarea. Die eerste hoeksteen is gelê deur Lida Stydom, burgemeester van Orania. Die ander is gelê deur Gerard Basson, Annie Vogel en Victor Correia. Die Kinderkubus is ‘n projek van Kaalvoet, wat deur middel van gemeenskapsprojekte ‘n reuse ɸ100 000 vir die projek gegee het. Kaalvoet is ‘n organisasie van Oraniërs wat wil teruggee aan die gemeenskap. Lida Strydom, stigter van Kaalvoet, sê die volgende oor die Kinderkubus: “Ons kinders is waardig en ons kinders is ons toekoms. Daarom verdien hulle ook die beste.”

Voorblad van Koerania - Junie 2026

Uit die koerant

Hierdie berig het verskyn in Koerania – Junie 2026, bladsy 3

Kry elke uitgawe by jou voordeur – R600/jaar