← Sake

· Deur Koerania-redaksie

Meningsopname: Watter een tipe besigheid het Orania nou nodig?

Die tandarts wat Orania eenkeer 'n maand besoek is nie voldoende nie.

Annelize Kruger
Annelize Kruger

Melissa de Klerk

'n Mooi koffiewinkel met 'n lekker buite speelarea vir kinders — iets soos 'n klein Boschendal in die Noord-Kaap. Dit sal 'n heerlike kuierplek wees vir families om saam te ontspan. 'n Plek waar kinders kan speel en die mammas en pappas 'n heerlike koffie kan geniet!

Zack de Villiers

Nywerhede. Die vestiging van vervaardiging van uitvoerprodukte wat werkskepping tot gevolg sal hê.

Annelize Kruger

Ons benodig 'n voltydse tandarts! Die tandarts wat Orania eenkeer 'n maand besoek is nie voldoende nie.

Yoralde Grotius

'n Restaurant met 'n goeie atmosfeer en lekker kos. Daar is min plekke waar Oraniërs in die stadium lekker kan gaan eet. Restaurante moet in 'n paar disse spesialiseer en 'n tema daar rondom bou in plaas daarvan om net almal hamburgers en skyfies te probeer verkoop.

Lourence van Niekerk

Gesonde vermaak. Die ontwikkel van 'n Gholfbaan met die nodige fasiliteite ter bevordering van vermaak, ontspanning en kultuur.

Dia van Staden

Oraniërs sal 'n koffiekroeg waar veerpyle, vingerbord, scrabble, tafeltennis, ensovoorts gespeel kan word terwyl daar verskeie gesprekke aangevoer word wat die intellek uitdaag en soms lawwe temas insluit. 'n Groot saal waar daar soms gedans kan word of speletjies gespeel kan word wat gesonde vermaak en waardevolle kommunikasie en sosialisering aanmoedig.

Riané Breedt

Die uitbreiding van die mediese fasiliteite, nooddienste en verpleging in Orania is dringend nodig.

Raymond van Tonder

Geen besigheid kan werk in Orania nie - die verhuurders maak meer geld as die besighede. As jy jou eie perseel wil oprig vat die dorp 'n magdom ontwikkelingsgeld en jy begin met 'n skuldlas, sonder aanvangskapitaal.

Cecile Olwagen

Ietsie wat dringend nodig is, is gesonde vermaak vir jong en ouer persone, waar hulle kan dans, pool speel, games speel soos in 'n arkade SONDER drank en mense wat onder die invloed is. Dalk 'n koffiekroeg met ligte etes? Dalk sushi?

Jan de Klerk

Vervaardiging! Ons moet suksesvolle vervaardiger-sakemanne gaan soek en bepaal wat het hul nodig om hul besigheid in Orania te vestig. Ons kort bestaande besighede wat net 'n tak hier open. Dit kan enige bedryf wees, vanaf meganies tot tekstiel (hier is baie vrouens wat daardie werk kan doen).

Dia van Staden
Dia van Staden
Melissa de Klerk
Melissa de Klerk
Zack de Villiers
Zack de Villiers
Jan de Klerk
Jan de Klerk
Yoralde Grotius
Yoralde Grotius
Riané Breedt
Riané Breedt
Lourence van Niekerk
Lourence van Niekerk
Raymond van Tonder
Raymond van Tonder
Cecile Olwagen
Cecile Olwagen
Voorblad van Koerania - April 2025

Uit die koerant

Hierdie berig het verskyn in Koerania – April 2025, bladsy 5

Kry elke uitgawe by jou voordeur – R600/jaar