
Barry Delport
Ek stel meer belang aangesien Orania so aangeval word deur politieke partye en sosiale media en hoe dit ons as Oraniërs gaan raak. Wêreldwyd is Orania ook meer in die nuus, veral sedert die VSA ook nou aanboord is om ons as Afrikaners by te staan.
Dr. Leon du Plessis
Vandat ek 'n Oraniër geword het stel ek baie meer in Suid-Afrika en die wêreldpolitiek belang. Dit is altyd belangrik om op datum te bly van gebeure in die makrokosmos, dit is dikwels ń refleksie of indikasie van die verloop van gebeure in die mikrokosmos waarin ons woon. Ons woon nie op ń eiland nie.
Hannes du Preez
Ek is verplig deur die aard van my werk om polities ingelig te bly as deel van die eksterne beleggingsomgewing - binnelands en oorsee. As ek kon, sou ek my agterwêreld daaraan afvee het!






