← Gemeenskap

· Deur Koerania-redaksie

Meningsopname: Hoe dink jy oor vry-wees as Oraniër?

Om vry te wees moet ’n mens stewig gewortel wees.

Jaco Kleynhans.
Jaco Kleynhans.

Jaco Kleynhans

Om vry te wees moet ’n mens stewig gewortel wees. Bome met sterk en gesonde wortels dra takke wat met selfvertroue die lug in kan strek. In Orania moet ons seker maak dat volgende generasies Oraniërs gesonde wortels het, maar ook die ruimte en geleenthede om sterk takke te kan groei wat hulle sal help om waarlik vry te kan leef.

Sam van Rensburg

Om as Oraniër ‘vry te wees’ beteken baie meer as om outonomie oor ons gemeenskap te hê. Die vryheidsideaal beteken selfs meer as die reg op kulturele selfbeskikking. Wanneer ons aan vryheid dink, dink ons aan totale onafhanklikheid, om weer ‘n vrye volk in ‘n vrye land te wees! Dit is die werklike betekenis van “om vry te wees.”

Johan Naude

Mense in Orania dink hulle is vry wat nie regtig die waarheid is nie. Ons is nogsteeds onder die SA wette en het steeds die haat-swaard oor ons koppe, al bly ons meer afgesonder as ander. Om werklik vry te wees is om eerstens vrede met jouself en dan die mense om jou te hê en vrede te handhaaf met almal wat jy teëkom. Dan sal God die Vader die “haat-swaard” van jou weerhou.

Ludwig Everson

In Orania het ons baie vryhede, as dit by vryheid van beweging kom, kan ons veilig te voet of met ‘n fiets winkels of skool toe gaan, sonder om bekommerd te wees. Ons geniet ook vryheid van geloof en spraak, tog kan ons leer om beter na mekaar te luister en meer vir mekaar om te gee. Wanneer dit by die vryemark (koop en verkoop) kom, kan ons kies vir ’n beter balans; ons ondersteun ons eie arbeid, maar koop dikwels produkte van ander plekke af, wat nie goed is vir ons eie vryheid en gesamentlike sak nie.

Sarel de Villiers

Alhoewel ons deel is van Suid-Afrika en val onder die wette van die land is ons in Orania vry om ons taal, kultuur en godsdiens uit te leef sonder inmenging van buite. Dit is al die begin van vry-wees.

Jan Snyder

Vry-wees is ‘n staat van bestaan waarin individue nie net vry is van fisiese of politieke onderdrukking nie, maar ook geestelik en moreel vry is.

Hans van Staden

Ek sien dat ons nog ‘n lang pad het om te loop vir vryheid, want vryheid moet verdien word. Dit word nie gedink of gepraat nie.

Frik Bekker

Vry-wees beteken om sonder vrees of druk tussen die mense wat dieselfde as ek dink, doen en aanbid te lewe, op die plek van my keuse.

Tony Correia

Vry-wees as ‘n Oraniër moet gesien word in die lig van ons roeping tot gehoorsaamheid aan God se Woord. Ware vryheid kom deur Christus, wat ons bevry van die mag van sonde en ons in staat stel om in regverdigheid te leef. Ons vryheid is dus nie absolute outonomie nie, maar ‘n geleentheid om God te dien en sy wil uit te leef.

Jacobus le Grange

Om in die toestand van vryheid te verkeer; geen gevangene: Vry in Christus, vry van sonde, vry om vry te spreek, vry van oorheersing, vry van mag. Ook vry van magsbeheptheid, vry van gierigheid, met niks om weg te steek nie, niks om te verloor nie, niks om te vrees nie. Dit kom teen ‘n prys en is ook ‘n keuse.

Sam van Rensburg.
Sam van Rensburg.
Johan Naude.
Johan Naude.
Ludwig Everson.
Ludwig Everson.
Sarel de Villiers.
Sarel de Villiers.
Jan Snyder.
Jan Snyder.
Hans van Staden.
Hans van Staden.
Frik Bekker.
Frik Bekker.
Tony Correia.
Tony Correia.
Jacobus le Grange.
Jacobus le Grange.
Voorblad van Koerania - September 2024

Uit die koerant

Hierdie berig het verskyn in Koerania – September 2024, bladsy 7

Kry elke uitgawe by jou voordeur – R600/jaar