← Gemeenskap

· Deur Koerania-redaksie

Meningsopname: die Paul Kruger-standbeeld in ons stadskern

Die ontwikkeling van die stadsplein is nog 'n baken vir die Afrikaner.

Willie Steenkamp
Willie Steenkamp

Wat, volgens u, is die waardetoevoeging tot Orania om die Paul Kruger standbeeld in ons stadskern te hê?

Cassien Enslin

Die ontwikkeling van die stadsplein is nog 'n baken vir die Afrikaner. Die beeld se teenwoordigheid skep die geleentheid vir ander Afrikaners om betrokke te raak by iets wat ons kultuur opbou. Onbekend is ongeliefd. Ons het 'n groot taak om die volk weer op te voed en die Afrikaner lief te maak vir sy eie erfenis.

Tony Correia

Die Paul Kruger-standbeeld voeg historiese en kulturele waarde toe aan Orania, as 'n simbool van Afrikaner-erfenis, roeping en volharding. Dit herinner ons aan God se leiding in ons geskiedenis en versterk die gemeenskap se identiteit en bestaansreg. Die standbeeld inspireer besoekers en inwoners om ons erfenis met dankbaarheid te koester.simbole, soos die een van Kruger, sigbare herinneringe is.

Willie Steenkamp

My mening is dat sou die Kruger standbeeld verantwoordelik wees vir net 30% toename per jaar in toerisme en klein bietjie energie skep vir 100 gesinne om in Orania te vestig oor n langternyn, sal die gevolg van die standbeeld oor n tydperk van 20 jaar n finansiële inspuiting van ten minste R300 miljoen kan wees vir Orania.

Driaan van Staden

Die Kruger-standbeeld is 'n kragtige, fisiese uitdrukking van Orania se kernwaardes van vryheid, selfstandigheid en die bewaring van Afrikanerkultuur en -erfenis. Dit skep 'n sentrale fokuspunt vir gemeenskaplike samekoms, wat 'n gevoel van identiteit en voortsetting by inwoners versterk. Die replika bied ook 'n waardige, veilige tuiste vir hierdie belangrike historiese simbool en trek kultuurtoerisme.

Cara Tomlinson

Ek is opgewonde, trots en dankbaar. Ons het binnekort weer ʼn plek, ʼn plein, ʼn Afrikaner tuiste waar ons saam ons mooi erfenis wat ons van Bo gekry het kan leef. Die Afrikanervolk bou weer, die keer bou ons in Orania. Ons bou nie ons plek met “dooie replikas” of “sosiale media paragrawe” nie – ons bou op ʼn plek waar ons leef, waar ons aktief ons kultuur beoefen, waar ons erfenis lewend gehou word, ons geskiedenis oorvertel word en simbole, soos die een van Kruger, sigbare herinneringe is.

Tiks Delport

Die Paul Kruger-standbeeld dra by tot Orania se kulturele identiteit en herinner ons aan die Afrikaner se geskiedenis en stryd om selfbeskikking. Dit dien as 'n visuele simbool van ons erfenis en waardes. Sy teenwoordigheid versterk ons gemeenskapsgevoel en toeristebelang.

Willie Spies

Dit het geweldige simboliese waarde. Paul Kruger is die simbool van die republikeinse ideaal. Die feit dat hy Orania toe skuif stuur 'n baie sterk boodskap dat Orania die plek is waar Afrikaners se republikeinse ideaal vandag gestalte kry. Kruger keer eintlik terug huis toe.

Cara Tomlinson
Cara Tomlinson
Cassien Enslin
Cassien Enslin
Tony Correia
Tony Correia
Driaan van Staden
Driaan van Staden
Tiks Delport
Tiks Delport
Willie Spies
Willie Spies
Voorblad van Koerania - Oktober 2025

Uit die koerant

Hierdie berig het verskyn in Koerania – Oktober 2025, bladsy 4

Kry elke uitgawe by jou voordeur – R600/jaar