Margie en Maritza - 16 jaar pad saam gestap. Graag herroep ek ‘n paar spesiale oomblikke & unieke grappies. • Soek iets vir die keel – Sout & Asyn skyfies • Moenie die “Wa voor die perd inspan nie” • Wie het van die Direksie se sjokolade balletjies gevat?! • As die kombuis kon praat. Ons het die hele dorp se probleme daar opgelos (Volgens ons) • Nuwe skoonmakers bietjie vermaak. Daar is ‘n museumspook – Pasop vir die tannie met die rooi hakskoene! • Die kardinaal kom weer! • Tandartsbesoek. ‘n Warm pastei brand steeds al is die mond dood gespuit. Jy voel dit net later. • As die brandewyntert bietjie sterk uitgekom het. Nie vir sensitiewe eters nie! • Ligte is aan - as jy die knoppie draai. • Klere wat rafel – Ek val uitmekaar uit. • Maak seker dat jy jouself altyd Vrywaar! • Die Vader sal voorsien. Tannie het my nie net by die Dorpskantoor verwelkom nie, maar ons werklik in Orania tuis laat voel toe alles nog vreemd was. Dankie vir elke stukkie raad, en vir die kosbare ruimte om openlik te kon praat—sonder enige vrees vir “vervolgverhale” Ek gaan tannie vreeslik mis. Alle voorspoed en vreugde verder. Maritza du Plessis
· Deur Maritza du Plessis
Margie en Maritza – 16 jaar pad saam gestap
Graag herroep ek ‘n paar spesiale oomblikke & unieke grappies.

Uit die koerant
Hierdie berig het verskyn in Koerania – April 2026, bladsy 4
Kry elke uitgawe by jou voordeur – R600/jaar

