← Sport

· Deur Koerania-redaksie

Marathon bring fondse in

Die Orania CVO-skool het hul jaarlikse 24 uur fietsry- en stapmarathon op Vrydag 25 Oktober om 12:00 begin en op Saterdag 26 Oktober om 12:00 afgesluit.

Deelnemers aan die CVO-fietsry- en stapmarathon.
Deelnemers aan die CVO-fietsry- en stapmarathon.

Die Orania CVO-skool het hul jaarlikse 24 uur fietsry- en stapmarathon op Vrydag 25 Oktober om 12:00 begin en op Saterdag 26 Oktober om 12:00 afgesluit. Al die deelnemers het, soos gewoonlik, behoorlik gekuier, gestap en fietsgery. Heelwat spanne het volgens ‘n tema aangetrek en daar is op die grasperk voor die skool uitgekamp, kos gemaak en tussenin speletjies gespeel om wakker te bly en die energievlakke hoog te hou. Die gelag en gesels van deelnemers kon ver gehoor word. Volgende jaar sal daar weer op dié wyse fondse ingesamel word!

Nagfietsry by die skool se fondsinsameling.
Nagfietsry by die skool se fondsinsameling.
Voorblad van Koerania - November 2024

Uit die koerant

Hierdie berig het verskyn in Koerania – November 2024, bladsy 14

Kry elke uitgawe by jou voordeur – R600/jaar