← Sport

· Deur Koerania-redaksie

Lisa trek goud los

Op die eerste dag het sy deelgeneem aan die 500kg dames gewigsafdeling as Griekwa Aspan, en het goud in die presidentafdeling gewen.

Lisa Paulsen gooi haar bietjie gewig in om die Griekwaspan se 500kg vol te maak.
Lisa Paulsen gooi haar bietjie gewig in om die Griekwaspan se 500kg vol te maak.

Lisa Paulsen, tweedejaar Boerderybestuurstudent en onder-primaria van die Duiker Dameskoshuis, het die afgelope naweek aan die Suid Afrikaanse nasionale toutrekkampioenskap, as lid van die Griekwaspan, in Hartenbos deelgeneem. Op die eerste dag het sy deelgeneem aan die 500kg dames gewigsafdeling as Griekwa Aspan, en het goud in die presidentafdeling gewen. Sy het ook aan die 540kg en 560kg o/23 gemengde span deelgeneem vir die Griekwa B-span. In die 500kg se o/23 gewigsafdeling het sy met goud weggestap in die Presidentafdeling! BKO is trots op hulle toutrekmeisiekind.

Voorblad van Koerania - Augustus 2025

Uit die koerant

Hierdie berig het verskyn in Koerania – Augustus 2025, bladsy 11

Kry elke uitgawe by jou voordeur – R600/jaar
Foto by die berig: Linda laat die skeie tol
Sport/

Linda laat die skeie tol

Drie spanne is gekies om die Noord-Kaap tydens die meesterstoernooi in Kroonstad vanaf 28 September tot 2 Oktober te verteenwoordig.

Deur KoeraniaLees berig