← Gemeenskap

· Deur Elna Wahl

Ledenaweek: Orania Beweging

Daar het 'n gevoel van opgewondenheid, afwagting en vrolike gemeensaamheid geheers.

Ledenaweek: Orania Beweging – foto 1

As jarelange lid van die Orania Beweging, maar vir die eerste keer as deel van die gehoor by die Ledenaweek, was ek Vrydagmiddag aangenaam verras deur die feestelike atmosfeer onder die gaste. Daar het 'n gevoel van opgewondenheid, afwagting en vrolike gemeensaamheid geheers. Groot was die verrassing om jou eie Oraniavlag, vergesel van 'n persoonlike, handgeskrewe groetekaartjie van die Beweging, te ontvang. Die samesang, die wuiwende vlae en die heerlike belewing van Afrikaner wees het my aangegryp. Wat 'n voorreg!

Die program, sprekers, etes, verversings en alle ander reëlings was deurgaans uitstekend. Baie geluk en baie dankie daarvoor. Dit laat 'n knop in my keel. Daar is ‘n paar vrae oor wat buite Orania in die groter Suid-Afrika gebeur. Word elke Afrikaner nog ontroer deur die belewing van ons kosbare kultuurgoedere? Of bring die dorre leemtes van gebrek aan kultuurbeoefening in die wyer Suid-Afrika 'n ongevoeligheid en 'n afgestompenheid? Weet ons nie eens meer wat ons nie het nie?

Voorblad van Koerania - April 2026

Uit die koerant

Hierdie berig het verskyn in Koerania – April 2026, bladsy 4

Kry elke uitgawe by jou voordeur – R600/jaar