← Kultuur

· Deur Koerania-redaksie

Kultuurfeesgees heers by CVO-skool

Daar is meer as 40 leerders wat hierdie jaar aan die jaarlikse Kultuurfees gaan deelneem.

Christi de Klerk
Christi de Klerk

Daar is meer as 40 leerders wat hierdie jaar aan die jaarlikse Kultuurfees gaan deelneem. Kultuuraktiwiteite geniet nie altyd voorrang nie, maar hier gaan ‘n paar leerders hulle merk op die verhoog kan maak. Juffrou Christelle Sutherland neem leiding by die skool en ouers soos Frances Murphy, Karen Thomlinson en Christelle de Villiers is betrokke by afrigting en voorbereiding van die deelnemers. Die leerders van CVO-skool berei tans voor om volgende week, 19 en 20 Julie, in Bloemfontein te gaan meeding. Daar word in afdelings soos drama, sang, instrumentale nommers, voordrag, monoloë en onvoorbereide lees deelgeneem. Koerania het by ‘n oefensessie gaan inloer.

Drian de Klerk
Drian de Klerk
Eben de Klerk
Eben de Klerk
Lou-Ané Steyn
Lou-Ané Steyn
Bianca Grobbelaar
Bianca Grobbelaar
Voorblad van Koerania - Julie 2024

Uit die koerant

Hierdie berig het verskyn in Koerania – Julie 2024, bladsy 11

Kry elke uitgawe by jou voordeur – R600/jaar