← Gemeenskap

· Deur Koerania-redaksie

Kortliks – September 2026

Op Woensdag 19 Augustus het Kobus van der Merwe, een van die voormalige Orania Dorpsraad uitvoerende hoofde en besigheidseienaar, sy 80 jaar op aarde gevier!

Appie Pienaar, voorsitter van die BKO direksie, tydens die sooispitseremonie van die nuwe Bosrand-werkswinkel op ons Leer-My-Hoe-Proefplaas. Appie het die groei van BKO as katalisator vir die ontwikkeling en vooruitgang van Orania as Afrikanergroeipunt beklemtoon.

Kobus van der Merwe vier 80

Op Woensdag 19 Augustus het Kobus van der Merwe, een van die voormalige Orania Dorpsraad uitvoerende hoofde en besigheidseienaar, sy 80 jaar op aarde gevier! Hy is ‘n bron van inligting en het al geweldige diep spore in Orania getrap. Hy is eggenoot, pa, skoonpa, oupa en ‘n geliefde inwoner. Mag die jare wat volg met gesondheid en vrolikheid gevul wees!

Freda Jacobsz vier 90

Mevrou Freda Jacobsz is op haar 90ste verjaardag deur haar dogters Magda Coetzee en Veronica Middel bederf. Dié statige Karoosig-inwoner het op Donderdag 20 Augustus dié pragtige mylpaal gevier. Die hele familie het ‘n gesellige ete by ‘n plaaslike restaurant geniet. Die familie spreek hulle dank teenoor Sr Mariska Boshoff en die personeel van Karoosig Aftreeoord uit vir die mooi versorging van die bejaardes.

BKO brei praktiese landbouopleiding uit met Bosrand-werkswinkelfasiliteite op die Leer-My-Hoe Proefplaas

Appie Pienaar, voorsitter van die BKO direksie, tydens die sooispitseremonie van die nuwe Bosrand-werkswinkel op ons Leer-My-Hoe-Proefplaas. Appie het die groei van BKO as katalisator vir die ontwikkeling en vooruitgang van Orania as Afrikanergroeipunt beklemtoon.

Op Maandag 7 September is die sooi vir nuwe studentefasiliteite op Bo-Karoo Opleiding (BKO) se Leer-My-Hoe Proefplaas, gespit. Die ontwikkeling bestaan uit vier hoofkomponente: - 188 m² werkswinkel - 60 m² veeldoelige ruimte - 100 m² afdak - 32 m² nuwe ablusiegeriewe

Nog ’n eerste BKO Literêre kompetisie!

Die wenners in onderskeie kategorieë is: Mekyla Norval (Prosa eerste plek, Duiker Dameskoshuis) Annette Nortje (Prosa tweede plek, Heldehuis Daghuis) William Marshall (Prosa derde plek, Steenbok Manskoshuis) Nina de Villiers (Poësie eerste en derde plek, Duiker Dameskoshuis) Eben Mans (Poësie tweede plek, Vaalbos Manskoshuis)

Interkoshuis Sêrkompetisie

Op 'n suksesvolle Interkoshuis Sêrkompetisie! Baie geluk aan Steenbok Manskoshuis wat met eerste plek weggestap het.

Brand geblus tydens stormsterk winde

'Die Orania Veiligheidsdienste (OVD) het op Vrydag 4 September weereens gehelp om 'n brand op 'n buurplaas te blus, terwyl uitsonderlike sterk wind ook heelwat bome in die dorp omgewaai het. Die nuwe brandweerwa wat in 2025 aangekoop is kon weer ingespan word vir noodsaaklike werk. Die Orania Dorpsraad se Infrastruktuur- en Gemeenskapsdienste het probleme aangespreek soos dit nodig was.

Orania Rolbal nader gereedheid

Francois van Schalkwyk is ‘n entoesiastiese speler en bestuurslid van die Orania Rolbalklub. Hy vertel dat spelers in Oktober die baan op die proef behoort te kan stel. Die gras word binnekort op speelbare lengte gesny. Hy sien daarna uit om die telborde, nuwe matjies en wit balletjies uit te rol vir die eerste proeflopie op die bane wat met nommers en grense uitgemeet is.

Steve besoek die Paul Krugermonument

“Ek voel myself altyd tuis hier, op 'n heel anderste manier. En die eerste Oraniër wat ek raakloop is oom Paul.” -Saterdag 5 September

Nuwe dogtertjie verwelkom

Op Dinsdag 21 Julie om 22:35 het mamma Lianey haar tweede dogtertjie verwelkom. Ousus Melea (2) is baie beindruk met haar kleinsus, Mila Pienaar. Klein Mila het ‘n skamele 3.150 kg geweeg.

Kortliks – September 2026 – foto 10
Op 'n suksesvolle Interkoshuis Sêrkompetisie! Baie geluk aan Steenbok Manskoshuis wat met eerste plek weggestap het.
Op 'n suksesvolle Interkoshuis Sêrkompetisie! Baie geluk aan Steenbok Manskoshuis wat met eerste plek weggestap het.
Nina de Villiers ontvang haar sertifikaat van Doret le Cornu.
Nina de Villiers ontvang haar sertifikaat van Doret le Cornu.
Kortliks – September 2026 – foto 1
Kortliks – September 2026 – foto 2
Kortliks – September 2026 – foto 6
Kortliks – September 2026 – foto 7
Kortliks – September 2026 – foto 9
Kortliks – September 2026 – foto 8
Voorblad van Koerania - September 2026

Uit die koerant

Hierdie berig het verskyn in Koerania – September 2026, bladsy 6

Kry elke uitgawe by jou voordeur – R600/jaar