← Sake

· Deur Koerania-redaksie

Kortliks – Maart 2025

Hier wys hul na BKO se advertensie wat elke maand in die gemeenskapskoerant spog.

Pierre Buys en Theunie Botha, soos by die gedrukte sakekennisgewing.
Pierre Buys en Theunie Botha, soos by die gedrukte sakekennisgewing.

Sakekamerontbyt

Marcel Badenhorst en Paul Vogel van Bo-Karoo Opleiding het saam met Dia van Staden, Jacobus le Grange, Pluspunt Argitekte, en L'lize J van Rensburg, Afsaal Eiendomme tydens die maandelikse Sakekamerontbyt deur Koerania geblaai. Hier wys hul na BKO se advertensie wat elke maand in die gemeenskapskoerant spog.

Pierre Buys en plaaslike ondernemings

Pierre Buys is die bestuurder van 'n paar besighede wat aan eienaar, Theunie Botha, behoort. Hulle dra Orania en sy mense se belange op die hart en sien uit na gesonde en regverdige besigheid wat Orania se ekonomie sal aanvuur. Wilgerus is ‘n luukse gastehuis wat vir ‘n internasionale mark voorsiening maak. Gasman is ‘n nuwe toevoeging tot die hardeware mark en lewer hulle produk teen bekostigbare pryse.

Sakekamerontbyt. Foto: Anné van Zyl.
Sakekamerontbyt. Foto: Anné van Zyl.
Voorblad van Koerania - Maart 2025

Uit die koerant

Hierdie berig het verskyn in Koerania – Maart 2025, bladsy 7

Kry elke uitgawe by jou voordeur – R600/jaar