
Somerpret
Tiaan Eloff is 14 maande oud, maar hy het nie op hom laat wag toe daar ‘n uitnodigende plas modderwater op die Orania Sportterrein se atletiekbaan na ‘n mini reënbui gelê het nie. Volgens mamma Jessica, het hy homself omtrent geniet!
Vryheid in Orania
Jo-Mari Conradie en Eurika Scheepers, albei Landboubestuurstudente by die Bo-Karoo Opleidingsentrum, stap ewe rustig na klas na hulle koshuis toe. Dit is die vreugde van studentwees in Orania!
Water-aërobiese oefeninge
Die groep dames wat reeds by die water-aërobiese oefeninge aangesluit het geniet dié nuwe toevoeging tot Orania se sportaktiwiteite. Kontak vir Dia van Staden by 083 726 1180 indien jy saam wil oefen. Daar is beperkte plekke beskikbaar.







