← Gemeenskap

· Deur Koerania-redaksie

Kortliks – Augustus 2026

Oom Hendrik Verwoerd , ‘n geliefde inwoner van Orania, het op 11 Augustus sy 86ste verjaardag gevier.

Kortliks – Augustus 2026 – foto 2

Lewe in oorvloed... Oom Hendrik Verwoerd , ‘n geliefde inwoner van Orania, het op 11 Augustus sy 86ste verjaardag gevier. By hom is sy vrou, Alida. Koerania wens oom Hendrik en die egpaar nog mooi gesonde jare vorentoe! Foto: Oewer Restaurant

Orania CVO-skool se Meneer & Mejuffrou Dassie is Josua Kotzé en Lize-Mari Ferreira.

Netbaldames presteer 'Alexia Smit en Bianca Groenewald het tydens die SPAR National Netball Championships 2026 die Frances Baard Seniornetbal Distrikspan verteenwoordig. Hulle het ‘n goue medalje in die B3-afdeling verower.

Bo-Karoo Opleiding bou by Bo-Karoo Opleiding (BKO) is tans met die konstruksie van nuwe klaskamers en werkswinkels op hul Technika-kampus besig. Die uitbreiding bestaan uit twee fases, wat altesaam drie nuwe geboue insluit. Dit sal twee nuwe kursusse huisves met bykomende uitbreiding van die bestaande elektriese kursus. Fase een van die projek behoort teen die begin van 2027 afgehandel te wees Die nuwe geriewe sal reeds vir die 2027-akademiese jaar ingerig wees.

Boekbekendstellings vat die pad Prof Jannie Rossouw en dr Burgert Senekal toer saam met Oraniërs Joost Strydom, dr Carel Boshoff, Frans de Klerk en ander om Die boogbrug vanaf Orania II na Orania III en Selfstandigheid en Vryheid bekend te stel. 17 Augustus – Bloemfontein (Bloemfontein Coffee Roastery) om 18:00 18 Augustus – Potchefstroom (Toro Koffiewinkel) om 18:00 19 Augustus – Pretoria (Voortrekker Monument Liedjietuin) om 18:00

Monument kry donateurs se name Al 2 343 donateurs wat tot die oprigting van die Paul Kruger-monument bygedra het, se name pryk op die vlekvrye staalplate wat by dié terrein aangebring is. Die plate is in al vier windrigtings rondom die monument opgerig en is rotsvas in harde Karoo-klip ingewerk. Op hierdie borde staan die name van mense wat bereid was om iets blywend vir die Afrikaner te vestig. Die Paul Kruger-projek van 2025 het aan ‘n stukkie geskiedenis help skryf.

Kortliks – Augustus 2026 – foto 1
Kortliks – Augustus 2026 – foto 3
Kortliks – Augustus 2026 – foto 4
Kortliks – Augustus 2026 – foto 5
Voorblad van Koerania -Augustus 2026

Uit die koerant

Hierdie berig het verskyn in Koerania – Augustus 2026, bladsy 6

Kry elke uitgawe by jou voordeur – R600/jaar