
Haarateljee se sussies vier 3 jaar
Emmarentia Fourie en Esmarelda Nicolaisen is 2 dankbare sussies wat hulle eerste 3 jaar as eienaars van Die Haarateljee vier. Die tweeling geniet die interaksie met hulle kliënte en elkeen se lewensbattery is behoorlik gelaai as jy daar uitstap en soos 'n splinternuwe sikspens lyk! Koerania wens die twee vroue 'n wonderlike toekoms en baie tevrede kliënte toe! Hulle is intekenaars van Koerania. Jy kan ook deel word van die besighede wat Koerania tuis afgelewer kry: https://koerania.co.za/intekenvorm/
Duiker Dameskoshuis spog met hulle uniform
Duiker Dameskoshuis spog met hulle uniform Voor links na regs is Renicke Erasmus, Lisa Paulsen (onderprimaria) en Nalet Maass. In die tweede ry is Alida Marais, Chris-Mari Barnard, Lumé de Beer en agter staan Jaydee Visser, Lyndré Paxton, Anika Bezuidenhout, Maria Pretorius, Marlize van Rooyen (SR Sport en Kultuur 2023/2024), Aniké Pieterse en Mikyla Norval. Heel agter in die middel staan die vrolike Anja Lourens (primaria).
BKO se Interkollege
Geluk aan die BKO netbaldames… Die jaarlikse Interkollege teen Landboukollege Vrystaat het vele hoogtepunte opgelewer. Die dag het afgeskop met mans vlugbal en Bo-Karoo Opleiding het net-net verloor. Die netbaldames, mans hokkiespan en dames hokkiespan het geseëvier! Ander sportsoorte waarin hul meegeding het is skaak, toutrek, tafeltennis en potbal.






