
Geplant om te rol…
Hans Richardt, dr Wicus Buys, Daniël Swanepoel en Francois van Schalkwyk het gegrou voordat hulle die naambord geplaas en geplant het. Orania se rolbalbaan is nog onder konstruksie en die afgelope weke se reën het die projek effe uitgestel. Die naambord van die klub is opgerig en die nuut-ontwerpte t-hemde het gearriveer. Daar heers opgewondenheid oor die vordering wat gemaak word. Oraniërs sien daarna uit om hul eie drag ten toon te stel wanneer daar in buurdorpe gespeel sal word.
Jaarlikse Vasbyt kry nuwe woema
Die Orania Helpmekaar Vasbyt word as 'n reuse sukses beskryf en Orania se eie atlete het baie goed gevaar met dié uitdaging. Jo-Mari Conradie het 151km gery en weggestap met die wen vir dames, terwyl Nadia Kuit 75km te voet afgelê het om die 3de plek vir dames in te palm. Nadia vertel:” Ek dink ons het nuwe betekenis aan die woord VASBYT gevind. Dit was 'n uitdaging maar 'n onvergeetlike ervaring. Ek kan baie geluk sê aan Orania Helpmekaar met 'n uitstekende Vasbyt!”






