← Nuus

· Deur Koerania-redaksie

Koperdiefstal neem af en vee word op plase gemoor

Die personeel van die Orania Veiligheidsdienste meld aan dat koperdiefstal byna 'n jaar gelede laaste aangemeld is.

Die personeel van die Orania Veiligheidsdienste meld aan dat koperdiefstal byna 'n jaar gelede laaste aangemeld is. Hul meld dat daardie koperdiefstalsaak eers middel Junie 2025 afgehandel is. “Ons Taakspan onttrek sodra die SAPD opdaag, want baie hofsake en ondersoeke na afloop van so 'n saak neem geweldig baie tyd in beslag.

“Die patroon wat ons optel is dat kabeldiefstal afgeneem het. Skape word egter nou op omliggende plase gesteel en geskiet. Veediefstal toon 'n besliste toename. Die diere word met groot kaliber jaggewere geskiet. Dit gebeur egter ver buite die grense van Orania, maar aangesien klank in die koue nagte ver trek, word daar soms navraag oor skote gedoen,” vertel die hoof van OVD, Ettiene de Lange.

Voorblad van Koerania - Julie 2025

Uit die koerant

Hierdie berig het verskyn in Koerania – Julie 2025, bladsy 3

Kry elke uitgawe by jou voordeur – R600/jaar