
Die Orania Kunsteraad het onlangs begin om besighede en instellings in Orania te bedank vir hul deelname en bydraes tot die kunste. Hulle het Fanus Becker bedank vir Knapsak se bydrae waardeur die kunste in Orania bevorder word. Hier ontvang Knapsak hul kennisgewinbord van Orania Kunsteraad - OKeR.
Koeraniadagboek Koerania is besig om ‘n volledige dagboek van Oraniagebeure op een dagboek te skeduleer. Dit sal die geleentheid bied vir besoekers en inwoners om hul datums, besoeke of feesvieringe te beplan. https://koerania.co.za/kalender Indien jy aktiwiteite wil deel waarby die gemeenskap betrokke kan raak, stuur dit gerus na redakteur@koerania.co.za in ‘n e-pos. Sluit die volgende besonderhede in dié volgorde in: Titel van geleentheid: Datum: Plek: Kontakbesonderhede: Beskrywing en wie dit aanbied: U samewerking sal hoog op prys gestel word.




