← Sport

· Deur Koerania-redaksie

Kleure-atletiek in volkleur – Februarie 2025

Die grootste atletiekbyeenkoms in Orania se geskiedenis is op Vrydag 24 en Saterdag 25 Januarie by die Orania Sportterrein aangebied.

Hoogspring tydens die kleure-atletiek.
Hoogspring tydens die kleure-atletiek.

Die grootste atletiekbyeenkoms in Orania se geskiedenis is op Vrydag 24 en Saterdag 25 Januarie by die Orania Sportterrein aangebied. Orania CVO-skool se atletiekspanne het kleurvol opgedaag om aan die jaarlikse kleure-atletiekbyeenkoms deel te naam. Die leerlinge het met entoesiasme en kleurvol opgedaag, gesing, gespring en deelgeneem. Leerlinge, ouers, familie, vriende en aanhangers van die sport het langs die sportveld gesit of gestaan en hul gunstelinge aangemoedig. Die heerlike eet- en drinkgoed het gehelp om die hitte van die twee dae teë te werk. Dié naweek neem atlete in die Streekatletiekbyeenkoms in Bloemfontein deel en Koerania wens elke deelnemer sterkte toe. Mag die sport 'n genot bly en deelname nuwe vriendskappe bou!

Deelnemers aan die CVO-kleure-atletiekbyeenkoms.
Deelnemers aan die CVO-kleure-atletiekbyeenkoms.
Die atlete wys hul kleure.
Die atlete wys hul kleure.
Voorblad van Koerania - Februarie 2025

Uit die koerant

Hierdie berig het verskyn in Koerania – Februarie 2025, bladsy 11

Kry elke uitgawe by jou voordeur – R600/jaar