← Kultuur

· Deur Koerania-redaksie

Klawers in die boord

Daar is vir ongeveer twee ure na pragtige klawermusiek geluister terwyl daar ‘n ligte, maar lekker atmosfeer geheers het.

‘n Kuiergeleentheid vir ‘n familie
‘n Kuiergeleentheid vir ‘n familie

Op Saterdag 27 Julie het ‘n groot groep talentvolle klavierspelers hulle litte losgemaak om Huppelkind Dagsorgsentrum se jaarlikse fondsinsameling, Klawers in die boord, moontlik te maak. Die toeskouers het met piekniekmandjies in die middagson op gemaklike kampstoele en uitspankombersies tussen die pekanbome van die Dendron Pekanboerdery hul sit gekry. Daar is vir ongeveer twee ure na pragtige klawermusiek geluister terwyl daar ‘n ligte, maar lekker atmosfeer geheers het. Moche Naudé en Emma de Villiers is twee kinders wat hulle vernuf vanjaar kom deel het. Ander deelnemers het onder andere vir Esmien Kruger, Elsa Nothnagel, Annamarie van der Merwe en Magdaleen Kleynhans ingesluit.

Alta Botes en Elsa Nothnagel
Alta Botes en Elsa Nothnagel
Klaviermusiek in die boord.
Klaviermusiek in die boord.
Shenley Pretorius.
Shenley Pretorius.
Moche Naudé.
Moche Naudé.
Voorblad van Koerania - Augustus 2024

Uit die koerant

Hierdie berig het verskyn in Koerania – Augustus 2024, bladsy 11

Kry elke uitgawe by jou voordeur – R600/jaar