
Yoraldé van Staden het op Saterdag 22 Februarie tydens 'n vrolike atmosfeer, haar van vir Hugo Grotius s'n verruil. Dié paartjie haak toe 5 jaar en 1 dag vandat Yoraldé vir Hugo gevra het om haar kêrel te wees, af. Zelda van Staden, Yoraldé se ma, het haar rok gemaak en ouma Fransie Griesel was 'n knap kameraad tydens dié proses. Daar is by Op die Bult, buite Orania, fees gevier nadat Hugo se pa, Herman Grotius, die seremonie waargeneem het.




