← Kultuur

· Deur Koerania-redaksie

Kanniedood boekbekendstelling – Junie 2026

’n Blitslekker krimi, deur die topverkoperskrywer Irna van Zyl, wat afspeel in Hermanus en die Klein-Karoo, is in Pretoria bekendgestel.

KANNIEDOOD BOEKBEKENDSTELLING – foto 1

’n Blitslekker krimi, deur die topverkoperskrywer Irna van Zyl, wat afspeel in Hermanus en die Klein-Karoo, is in Pretoria bekendgestel. Gielie Hoffman het ‘n insiggewende onderhoud met Irna van Zyl gevoer tydens die bekendstelling van haar nuutste skrywe op 23 Mei by die Blou Hond in Pretoria. ‘n Rits bekendes het die bekendstelling bygewoon en daar is heerlik gekuier nadat Karin Hougaard uitsoekliedjies gesing het. Skinderpraatjies veroorsaak dat speuradjudant Storm van der Merwe tydelik geskors word. Die omgewingsaktivis Jane English nooi haar uit om op haar wildplaas neffens Barrydale te kom kuier. Maar Jane het ’n verskuilde agenda: ’n sindikaat het skaars vetplantjies van haar plaas gestroop en sy smeek Storm om die smokkelnetwerk oop te vlek. Kry jou boek by enige gewilde boekhandelaar.

Irna van Zyl, Karin Hougaard en Gielie Hoffman
Irna van Zyl, Karin Hougaard en Gielie Hoffman
Karin Clifford en Nadine
Karin Clifford en Nadine
Riaan Grobler, Irna van Zyl en Dia van Staden
Riaan Grobler, Irna van Zyl en Dia van Staden
Voorblad van Koerania - Junie 2026

Uit die koerant

Hierdie berig het verskyn in Koerania – Junie 2026, bladsy 8

Kry elke uitgawe by jou voordeur – R600/jaar