Hermanus Havenga is trots om as ‘n Jeugkorpslid van 2023 erkenning te kry vir sy volgehoue lojaliteit en uithouvermoë. Hy werk tussen die pekanboorde by Vluytjeskraal 272. Alhoewel Cobus Kirsten hom ook oortuig het om by die program aan te sluit wou hy nuwe vaardighede buite sy gemaksone aanleer. Sy grootste les was dat jy jouself moet toelaat om foute te maak. “Om ‘n besluit te in ‘n gegewe situasie te neem en nie te lank te wag voor jy die besluit maak nie, is belangrik. Ek maak liewer die verkeerde besluit en leer daaruit as wat ek geen besluit neem nie,” sê Hermanus. Hy vertel dat dit ‘n uitdaging was om ‘n seksie te oortuig dat almal hul insette kan lewer en dat kommunikasie belangrik is. “Leierskap verg baie van ‘n individu,” noem hy. Hermanus sal graag ander lede van die jeug aanmoedig om deel te word van die Jeugkorps, want jy leer nuwe vaardighede aan en die hele proses toets jou fisiese- en emosionele vermoë. “Die Jeugkorpskampe druk jou fisies en emosioneel tot op ‘n plek waar mens nie gewoonlik uitkom nie, want ‘n mens gee op voor dit erg raak,” vertel hy. Hy wil die jeug motiveer om soms die nar in ‘n situasie te wees, met die wete dat jy dalk ‘n fout gaan maak. “Hoe gaan jy weet as jy nie probeer nie?” Hermanus is ‘n man wat graag eendag wil trou maar hy hou vol dat hy vanjaar meer aktiwiteite buite sy gemaksone gaan aanpak en dat sy besluitneming vinniger sal geskied.
· Deur Koerania-redaksie
Jeugkorps se presteerder: Hermanus Havenga
Hermanus Havenga is trots om as ‘n Jeugkorpslid van 2023 erkenning te kry vir sy volgehoue lojaliteit en uithouvermoë.

Uit die koerant
Hierdie berig het verskyn in Koerania – Januarie 2024, bladsy 6
Kry elke uitgawe by jou voordeur – R600/jaar


