← Sport

· Deur Koerania-redaksie

Jacobus leer hulle nael

Op Maandag 3 Februarie het Orania Atletiekklub 'n naellopewerkswinkel aangebied waar naellopers die vaardigheid van naellope kon verskerp.

Naellooptegniek tydens die werkswinkel.
Naellooptegniek tydens die werkswinkel.

Op Maandag 3 Februarie het Orania Atletiekklub 'n naellopewerkswinkel aangebied waar naellopers die vaardigheid van naellope kon verskerp. "Enige persoon kan vinniger hardloop wanneer jy die basiese beginsels onder die knie het, tesame met harde werk." sê Jacobus le Grange, die afrigter.

Tegnieke vir die verskillende stadia in wedlope, fynere fokuspunte en spesifieke oefeninge is gedeel, asook dissipline-spesifieke versterkingsoefeninge. Maandag 10 Februarie was dit opgevolg met 'n blitsbyeenkoms. Hier kon die atlete en afrigter resies hardloop om die vaslegging van hul vernuf te toets. Komende Maandag om 18:00 doen hulle dit weer by die Orania Sportterrein. Wie is soos blits?!

Foto's: Verskaf Deelnemers aan die werkwinkel kon hul naellooptegniek verbeter. Fiksheid, spoed, tegniek, alles-in-een.
Foto's: Verskaf Deelnemers aan die werkwinkel kon hul naellooptegniek verbeter. Fiksheid, spoed, tegniek, alles-in-een.
Oefening tydens die naellopewerkswinkel.
Oefening tydens die naellopewerkswinkel.
Voorblad van Koerania - Februarie 2025

Uit die koerant

Hierdie berig het verskyn in Koerania – Februarie 2025, bladsy 11

Kry elke uitgawe by jou voordeur – R600/jaar