← Gemeenskap

· Deur Dia van Staden

Huppelkind damesoggend

Esna de Beer, skoolhoof van Huppelkind Dagsorgsentrum, is daarvoor bekend dat sy innoverende damesgeleenthede aanbied.

Huppelkind damesoggend – foto 1

Esna de Beer, skoolhoof van Huppelkind Dagsorgsentrum, is daarvoor bekend dat sy innoverende damesgeleenthede aanbied. In Maart is daar heerlik met wyn, paalsport en soetigheid gekuier. Yoraldé Grotius het haar sport as instrukteur artisties vertoon en dames teenwoordig kon self hulle lywe aan die sport toets. Sy het visueel vertoon dat oefening selfvertroue en emosionele gesondheid bevorder, ‘n sterk en soepel lyf baie voordele het en dat goeie balans jou beter laat beweeg. Hou gerus Huppelkind se sosiale media platforms dop vir prettige fondsinsamelings wat gedurende 2026 sal plaasvind

Voorblad van Koerania - April 2026

Uit die koerant

Hierdie berig het verskyn in Koerania – April 2026, bladsy 8

Kry elke uitgawe by jou voordeur – R600/jaar