← Gemeenskap

· Deur Francois van Niekerk

Henk van Niekerk

My pa, Hendrik Jacobus (Henk) van Niekerk, is op 23 September 1956 te Hopetown gebore.

Henk van Niekerk – foto 1

Henk van Niekerk - 27 Aril 2026

My pa, Hendrik Jacobus (Henk) van Niekerk, is op 23 September 1956 te Hopetown gebore. Hy was hier voordat die R369 geteer was. Hy het skoolgegaan in Jacobsdal in 1974, en nadat hy sy diensplig voltooi het, het hy sy hele lewe lank voltyds geboer. Hy is op 22 April 1978 met Jackie getroud. Sy hande het vir niks verkeerd gestaan nie en was vir party alombekend as "Henk Patent". Hy het altyd grappe gemaak en het 'n hart van goud gehad. Sy bydraes aan induvide en skoolinstansies het sonder enige “fanfare” gepaard gegaan, soos dit hoort. Hy het sedert 2011 met kanker in sy rug geworstel en was meestal in remissie, maar met baie pyn. In 2024 is sy hart, wat altyd so sterk was, gediagonoseer met hartversaking en ons groet ons pa, oupa en man op 27 April 2026 waar hy in sy ewige rus ingegaan het. Tot weersiens!

Voorblad van Koerania - Mei 2026

Uit die koerant

Hierdie berig het verskyn in Koerania – Mei 2026, bladsy 4

Kry elke uitgawe by jou voordeur – R600/jaar