← Gemeenskap

· Deur Koerania-redaksie

Handpoppe verwissel hande

Somer en Sam is twee handpoppe wat onlangs 'n nuwe tuiste by Kieliepensies gevind het.

Foto: Verskaf Hier is Jessica Black-Eloff saam met Somer en Sam in die Kieliepensiesklas terwyl sy hulle aan die kleuters voorstel.
Foto: Verskaf Hier is Jessica Black-Eloff saam met Somer en Sam in die Kieliepensiesklas terwyl sy hulle aan die kleuters voorstel.

Somer en Sam is twee handpoppe wat onlangs 'n nuwe tuiste by Kieliepensies gevind het. Die vorige eienaar, Dia van Staden, het dié twee “kinders” byna twintig jaar gelede deur kleremaakster, Kowie White, in Polokwane laat maak. Dia vertel dat dié twee by haar heeltemal te min geleentheid kry om kinders oor die lewe te vermaak, op te voed en in te lig. Sy het hulle aangewend om die belangrikheid van emosies en respek vir elkeen se liggaam aan kinders oor te dra. “Hulle kan by 'n kleuterskool baie beter benut word,” noem Dia. Jessica Black-Eloff, die hoof van Kieliepensies, was baie bly om eienaarskap van dié twee karakters te neem. Sy sê: “Ons is bly dat hulle nou deel is van ons familie, en dat die 2 nuwe herinneringe gaan bou saam met al ons Kieliepensies!” Jessica deel meer inligting oor die waarde van 'n poppekas: · Poppekas leer kinders kommunikeer en is ñ baie belangrike deel van vroeë kinderontwikkeling. Dit help om vir die kinders baie belangrike lewenslesse te leer oor hulself, ander, die natuur en ander daaglikse situasies waarmee hulle gekonfronteer kan word. · Opvoedkunde: Poppekas word gereeld in veral kleuter- en laerskole gebruik om opvoedkundige onderwerpe, byvoorbeeld om nie rommel te strooi en die aarde te besoedel nie, makliker oor te dra. · Speelterapie: Sielkundiges en maatskaplike werkers gebruik soms handpoppe wanneer hulle met kinders werk vir wie dit moeilik is om oor sekere onderwerpe te gesels. Deur middel van die speel met handpoppe, help dit die kinders om makliker te praat oor hartseer sake of iets wat hulle ongelukkig maak. · Poppekas word as ʼn kunsvorm beskou en dek ʼn wye veld van kreatiwiteit wat op verskeie wyses, formeel en informeel,

Jessica en die Kieliepensies-klas met Somer en Sam.
Jessica en die Kieliepensies-klas met Somer en Sam.
Voorblad van Koerania - Februarie 2025

Uit die koerant

Hierdie berig het verskyn in Koerania – Februarie 2025, bladsy 10

Kry elke uitgawe by jou voordeur – R600/jaar