← Sport

· Deur Koerania-redaksie

Grepe en voetwerk lei tot stoeivernuf

Orania se manne het onlangs die stoeimat oopgerol vir een van die beste sportsoorte wat enige seun of jong man kan aandurf.

Stoeitegniek word ingeoefen.
Stoeitegniek word ingeoefen.

Orania se manne het onlangs die stoeimat oopgerol vir een van die beste sportsoorte wat enige seun of jong man kan aandurf. Jaco van der Merwe is een van die afrigters en moedig jong seuns, studente en ouer mans aan om by hul oefening aan te sluit. Cobus Kirsten en Willem Strauss neem ook die leisels tydens afrigtingsessies. Niklaas Buys tree aan wanneer daar oor selfverdediging gepraat word. Die oefentye is op Maandae vanaf 17:30 tot 19:00 en Woensdae oefen kinders tot graad 7 (tussen 6 en 13 jaar oud) vanaf 14:45 tot 15:45. Kontak vir Jaco by 083 963 7112 vir meer besonderhede of om aan te sluit by die bestaande groep wat reeds hard oefen aan hul soepelheid, veerkrag, spoed en stoeivernuf.

Oefening tydens die stoeisessie.
Oefening tydens die stoeisessie.
Voorblad van Koerania - September 2024

Uit die koerant

Hierdie berig het verskyn in Koerania – September 2024, bladsy 14

Kry elke uitgawe by jou voordeur – R600/jaar