
28 Oktober 1957 – 29 September 2026
Gregg en sy vrou, Rensia, woon byna 2 jaar in Orania. Hulle was vir 28 jaar getroud. Rentia het in haar huldeblyk vertel hoe sy hom sy rus gun, maar baie mis. Gregg word beskryf as ‘n ware heer en iemand wat altyd behulpsaam was. Gregg was dapper in die laaste paar weke waar hy baie siek was. Sy verhouding met sy vrou was ‘n voorbeeld vir ander. Hy laat 2 seuns, ‘n dogter, 4 kleinkinders en sy vrou Rensia agter. Gregg was een van ‘n tweeling, maar Gary is ‘n paar jaar gelede oorlede. Hy het nog ‘n broer Brian, wat in die Vrystaat woon. Cerry-Anne is hul dogter en Etienne Webbstock (seun) het 2 kleinkinders Keannu en Loghan Meiring. Gustav (seun) en sy vrou Jolandie met hulle twee kinders, Mienke en Zayden het in hul huldeblyk geskryf dat Gregg ‘n geliefde pa en oupa van min woorde, maar groot dade was. Jesaja 41:10 was sy gunsteling teksvers. Moenie bang wees nie, Ek is by jou, moenie bekommerd wees nie, Ek is jou God. Ek versterk jou, Ek help jou, Ek hou jou vas, met my eie hand red Ek jou. Pastoor Hanri Maritz het die gedenkdiens waargeneem.




