← Gemeenskap

· Deur Niklaas Buys en Tienie Viljoen

Gert Adriaan Buys

Die aardse belangrikste, naas die grootste dank aan ons Hemelse Vader, is aan my moeder.

Gert Adriaan Buys – foto 1

2 Junie 1959 – 5 Oktober 2026

Niklaas Buys, seun, het tydens die gedenkdiens die volgende bedankings uitgespreek: “Eerstens bedank ek ons Hemelse Vader vir die voorreg en die seëninge wat ons saam kon deel. Die aardse belangrikste, naas die grootste dank aan ons Hemelse Vader, is aan my moeder. Sy wat soveel opgeoffer het. Aan haar dig ek die woorde van Spreuke 31 toe. My liefste Moeder nie net was pa geseënd in sy heengaan na die ewig rus nie, maar was geseënd met ‘n vrou soos wat God dit aan sy kinders beloof. Ma wat in die nagte na ‘n lang dag se werk nog steeds opgestaan het en versorg het. Ek loof YAHWEH vir die pragtige ouers wat aan my geskenk was om my Sy weë en weg te leer. Dit sal ek altyd ook van Pa onthou. Dankie Pa vir die man wat ek is vandag.” Tienie Viljoen is ‘n skoolvriend van Gert wat verskeie komiese staaltjies oor hulle vriendskap deel en wat volhou dat hulle vriendekring nog lank van Gert en sy byname sal gesels. “Gert sal nog lank oor ons lippetaal borrel en bruis en ʼn vonkel in ons oë bring terwyl hy in ons harte voortleef,” sê Tienie. Orania Uitrusters, waar Gert aanvanklik jare gewerk het, het hom bedank vir sy goeie diens en ondersteuning. Vriende deel dat hul Gert sal onthou vir sy wyseid, sy hart, sy manier van help en al die klein goedjies wat ‘n mens dalk eers later sal besef hoe kosbaar dit was.

Gert Adriaan Buys – foto 2
Voorblad van Koerania - Oktober 2026

Uit die koerant

Hierdie berig het verskyn in Koerania – Oktober 2026, bladsy 8

Kry elke uitgawe by jou voordeur – R600/jaar