
Gerhard Strauss, die eienaar van BBP Projekte is onlangs as 'n finalis aangewys vir die Solidariteit se #JouYster-kompetisie. Hy vertel dat hy die geleentheid wou aangryp om die beroep se moontlikhede uit te dra en dit onder die Afrikaner as 'n gesogte beroep bekend te stel. Die #JouYster-wenner vir 2025 is op 15 Maart tydens Ambagdag aangewys. Hierdie toekenning, wat ʼn jaarlikse instelling van die Solidariteit Ambagnetwerk is, vier uitstaande ambagslui wat hul stempel in die bedryf afdruk en hul kennis met die volgende geslag deel. “Jou steenwerk is iets waardeur jy kan stap en met trots jou handewerk kan bejeen. Jy kan dié geboue eendag vir jou kinders wys en vertel hoe dit steen vir steen ontwikkel het,” beaam Gerhard. Hy noem dat hy dit sy roeping ag om meer messelaars in die ambag op te lei, sodat die kwaliteit van die ambag op 'n hoë standaard sal bly. “'n Steengebou behou sy waarde en kan jare staan wat jy oor jare as 'n monument kan ag. Die sinkgeboue sal dalk nie oor honderd jaar steeds staan nie, en daarom is die gemiddelde steenkonstrukies, wat binne ongeveer 7 tot 8 maande gebou kan word, gewoonlik die eerste keuse.” Gerhard het vir sy pa, Wimpie, begin werk, tot waar hy tans leiding neem van BBP Projekte. “Dit is met stene wat jy 'n stad bou!” Hy vertel dat dit nie in die winter lekker is om met stene te werk nie, en lewer ongeveer 13% minder op hul produktiwiteit. Die somer se hitte lei weer toe uitputting, maar die temperatuur probeer hul bestuur. BBP Projekte het tans in Orania 42 personeellede, en daar word ook met buitespanne gewerk. Hy soek manne wat gefokus is op detail en momentum kan behou om homself te bestuur en inisiatief kan neem vir 'n volgende taak. “Dit is 'n perfekte kandidaat en daardie een is opleibaar.” “Ek het nooit gedink dat ek as 'n Yster genomineer sal word nie, maar ek is dankbaar dat iemand mooi werk raaksien, want dit is vir my belangrik om goeie en mooi werk te lewer.” Op 18 Maart het Solidariteit se Netwerksentum Gerhard geluk gewens en studente met mentors in die dorp genooi om skouers te skuur en kennis te deel. Sanri Stone, Netwerk ko ördine erder van die S olid ar iteit Netwerksentrum, vertel dat hulle trots is op Gerhard, wat 'n Oraniër in murg en been is. Die top 5 in die Jou Yster kompetisie is as volg: Cobus Gates(1) - Passer en draaier Clinton Van Der Mescht(2) - lugvaart struktuur tegnikus Vickus Pieters(3) - Dieselwerktuigkundige Gerhard Strauss(4) - Messelaar Petrus du Toit(5) – Ketelmaker




