
Ons kat, Girly, het op 24 Februarie vermis geraak in die omgewing naby die Oewer. Ons is nog nie lank in dié area nie en ek is bevrees dat sy moontlik te ver gaan verken het en rigting verloor het. Met al die onlangse donderstorms en reën sou al die bekende reuke wat haar huis toe kon lei, weggewas wees en sy kan moontlik verder en verder afdwaal. Die moontlikheid bestaan ook natuurlik dat sy iets oorgekom het. Girly is 9 jaar oud en is op my dogtertjie se bed gebore. Sy is vir ons baie kosbaar en ons sal wat wil gee om haar terug te hê…of minstens te weet dat sy nie meer met ons is nie sodat ons daardie deur kan toemaak en berusting vind, hoe swaar of onwerklik dit ookal mag wees. Asseblief wees op die uitkyk vir haar? Sy is 'n skugter kat met 'n baie sagte geaardheid. Girly het baie lang hare, 'n pragtige, welige stert en 'n besonder mooi gesiggie. Op die foto is sy heelwat jonger en lyk sy kleiner en minder wollerig as wat sy nou is. Indien enige iemand inligting het, kontak my asseblief by 082 779 0602. Help ons asseblief om vir Girly te vind?




