
Gawie Pienaar is 'n boer, leier, Christen en Afrikaner met 'n vurige passie vir sy volk. Dié Oos-Kapenaar het onlangs saam met die Afrikanerbond (AB) se lede in dié streek 'n reuseskenking vir die Voortrekkermonument se “Gee ons Krag”-veldtog gemaak. “Enigiemand, waar jy jou ook al op aarde bevind, moet weet wat jou volk se verlede was,” sê Pienaar. “Dit vorm jou en laat jou besef watter plek jy in jou land én die geskiedenis moet volstaan.” Pienaar se hoop vir die toekoms lê in die jeug. “Om die jeug te motiveer om altyd die Afrikaner se belange te bevorder, is 'n lewenstaak vir elke Afrikanerouer. Die Voortrekkermonument en die personeel doen wonderlike werk. My hart is by julle,” sê Pienaar.



