← Gemeenskap

· Deur Koerania-redaksie

Fondse vir vloedskade op die maat van musiek

Op Saterdag 6 Januarie het die Weltevreden Dansakademie ‘n dans as vloedskade fondsinsameling in die Orania Gemeenskapsaal aangebied.

Fondse vir vloedskade op die maat van musiek – foto 5

Op Saterdag 6 Januarie het die Weltevreden Dansakademie ‘n dans as vloedskade fondsinsameling in die Orania Gemeenskapsaal aangebied. Nie alle Oraniërs is al terug in die tuig nie, maar dié wat wel so vroeg in die jaar hulle ritme kon toon was daar! Daar is lyndanse, walse, langarmsokkie en ruk-en-rol danse uitgevoer. Die stortreën wat aan die einde van Desember plek-plek verwoesting gesaai het, het hierdie geleentheid genoodsaak. Die dans was ‘n heerlike losmakertjie, maar die fondsinsameling eindig nie hier nie. Hier is die bankbesonderhede vir enige persoon wat steeds hul bydrae wil maak vir die meer spoedige herstel van infrastruktuur by huise, besighede, tuine en ander geboue. Alle bydrae word opreg waardeer!

Orania Helpmekaar Eerste Nasionale Bank (FNB) Rekeningnommer: 62833708425 Verwysing: Vloed Takkode: 230 203 Orania Helpmekaar OSK: GO 015 Verwysing: Vloed

Fondse vir vloedskade op die maat van musiek – foto 1
Fondse vir vloedskade op die maat van musiek – foto 3
Fondse vir vloedskade op die maat van musiek – foto 2
Fondse vir vloedskade op die maat van musiek – foto 4
Voorblad van Koerania - Januarie 2024

Uit die koerant

Hierdie berig het verskyn in Koerania – Januarie 2024, bladsy 7

Kry elke uitgawe by jou voordeur – R600/jaar