← Gemeenskap

· Deur Koerania-redaksie

Ma's en dogters: Esna de Beer en Anella Schumann

Die verhouding tussen 'n ma en haar dogter is die basis van vrouwees.

Esna de Beer (58) en Anella Schumann (21) – foto 1

Die verhouding tussen 'n ma en haar dogter is die basis van vrouwees. Anella se lewensboek, met nog vele ongeskryfde bladsye lê voor haar oop. My mammaboek het al heelwat geskrewe werke in. Vandat Anella werk en studeer en ek meer luister wat sy eintlik vra of sê, is ons verhouding op 'n, ek noem dit “gee vrouwees vlerke” vlak! Dit beteken ons gee mekaar ruimte (ook vir pret), ons luister na mekaar se behoeftes en ons vertrou mekaar. Tipies moeder is ek natuurlik op 'n deurlopende basis besig om vir haar raad te gee oor alles en nog wat! Sy, aan die anderkant, lug graag met vrymoedigheid haar mening betreffende my doen en late en tik my ook dikwels goediglik maar kwaai oor die vingers. Ek vat dit maar… Uiteindelik is ons oop en eerlik in gesprek, lief ons mekaar met 'n liefde wat net 'n moeder en dogter wat al saam deur diep waters is, mekaar kan liefhê.

Voorblad van Koerania - Augustus 2025

Uit die koerant

Hierdie berig het verskyn in Koerania – Augustus 2025, bladsy 9

Kry elke uitgawe by jou voordeur – R600/jaar