← Gemeenskap

· Deur Dia van Staden

Erkenning vir gryse wyses

Heidi Smit het die voortou geneem om hoededag, bingo, konsert, voetetroetel en ‘n afsluitingsbraai op die Vrydag vir die goue oues te reël.

Die braaispan versorg die ete.
Die braaispan versorg die ete.

Daar is gedurende die week van 21 tot 25 Oktober ‘n verskeidenheid vreugdevolle aktiwiteite vir die bejaardes van Orania aangebied om aan elkeen erkenning te gee vir hul bydrae tot die bou van die dorp. Dit is die sewende agtereenvolgende jaar dat Orania Helpmekaar Bejaardeweek aanbied, moontlik gemaak deur verskeie instansies en die gemeenskap wat bydraes lewer. Heidi Smit het die voortou geneem om hoededag, bingo, konsert, voetetroetel en ‘n afsluitingsbraai op die Vrydag vir die goue oues te reël. Pierre Fourie, bestuurder van die Karoosig Aftree-oord vertel dat dié ‘n baie spesiale week op die kalender uitmaak omdat die gemeenskap die bejaardes bederf en deel van die dorp laat voel. “Dit is ‘n tyd om saam te lag en net vrolik te wees en waartydens ons bejaardes met liefde en respek herinner word dat hulle kosbaar is en onthou word.” Plakkate met foto’s van Orania se bejaardes pryk oral op die pale in die dorp gedurende dié week en die gemeenskap word daaraan herinner om elke geslag te waardeer vir die kosbare bydraes wat hul gelewer het en steeds met hul lewensondervinding kan lewer. Tydens die gesamentlike braai in die Oewer se tuin die Vrydagmiddag, is daar heerlik geskerts, gekuier en onderling gegiggel terwyl die bejaardes in ligte luim sosiaal kon verkeer. Tot volgende jaar!

Saamkuier langs die Oranjerivier.
Saamkuier langs die Oranjerivier.
Bejaardes kuier saam tydens die bejaardeweek.
Bejaardes kuier saam tydens die bejaardeweek.
Marie Bekker
Marie Bekker
Sus van der Merwe
Sus van der Merwe
Die Van der Westhuizens.
Die Van der Westhuizens.
Johan de Bruin
Johan de Bruin
Freda Jacobsz
Freda Jacobsz
Die Burgers.
Die Burgers.
Linda van Zyl
Linda van Zyl
Dapper stapper… Hy het die Visrivier Canyon 19 keer gestap en op 25 September het oom Henry Stieger sy 90ste verjaardag gevier! Hy het die braaivleis en bykosse saam met die ander bejaardes geniet.
Dapper stapper… Hy het die Visrivier Canyon 19 keer gestap en op 25 September het oom Henry Stieger sy 90ste verjaardag gevier! Hy het die braaivleis en bykosse saam met die ander bejaardes geniet.
Martie Rens
Martie Rens
Voorblad van Koerania - November 2024

Uit die koerant

Hierdie berig het verskyn in Koerania – November 2024, bladsy 12

Kry elke uitgawe by jou voordeur – R600/jaar