
Francois van Schalkwyk
Ek vier Afrikaans wanneer ek by my ouma kuier, en hoor watter tante se hare platgeval het soos 'n geflopte koekstruif. Ek vier Afrikaans in die kraak van 'n vars, stroopgevulde koeksister. Ek vier Afrikaans in die lag en gesels om 'n knetterende Kalahari-vuur en die reuk van braaivleis.
Leoni de Klerk
Ek vier Afrikaans deur kolwyntjies te eet en nie "cupcakes" nie, blatjang op my braaibroodjie te smeer in plaas van "chutney" en ek geniet konfyt op roosterbrood meer as "jam" op "toast"!
Karin Kemp
Ek vier Afrikaans deur altyd met 'n ontvangspersoon agter 'n toonbank of met 'n kelner by 'n restaurant, met 'n joggie by 'n vulstasie of met die persoon wat my betaling neem as ek deur 'n tolhek ry, vriendelik in Afrikaans te praat en slegs oor te slaan Engels toe as die persoon my werklik nie verstaan nie. Selfs dan, sê ek my totsiens weer vriendelik in Afrikaans.
Cara Tomlinson
Ek vier Afrikaans deur dit te gebruik in gesprekke, by die huis, by die werk deur daarin te lees, skryf, dink en te droom. CJ Langenhoven het gese: “'n Volk wat sy taal nie koester nie, is soos 'n mens wat sy siel versaak". Taal is die lewensaar van 'n volk, deur ons taal vier ons identiteit, ons geskiedenis en ons toekoms.







