← Gemeenskap

· Deur Alistair van Heerden

Die federale gedagte: Vryheidstigting se beraad – September 2024

Die beraad het ‘n belangrike bydrae gelewer tot die debat oor federalisme en die toekoms van gemeenskappe in Suid-Afrika.

Ernst van Zyl, hoof van openbare betrekkinge by AfriForum het digitaal by die beraad aangesluit en sy menings oor die era na die modern staat gedeel.
Ernst van Zyl, hoof van openbare betrekkinge by AfriForum het digitaal by die beraad aangesluit en sy menings oor die era na die modern staat gedeel.

Die beraad van die Vryheidstigting op Saterdag 7 September, met die tema “Die Federale Gedagte: Oorspronge en Vooruitsigte” was ’n diepgaande bespreking oor die relevansie van federalisme, selfregering en gemeenskaplike strukture vir die Afrikaners van vandag. Verskeie gesiene sprekers het bygedra tot ’n lywige diskoers wat die historiese oorspronge van die federale idee ondersoek, asook die huidige en toekomstige vooruitsigte daarvan in Suid-Afrika.

Hy is die hoof van openbare betrekkinge by AfriForum en het tydens sy digitale aanbieding beklemtoon dat die Afrikaners in 2024 ’n positiewe internasionale reputasie begin herwin, met dokumentêre oor Orania en artikels in tydskrifte soos The Spectator. Hy vertel dat AfriForum en die Solidariteit Beweging gereeld navrae van Westerse lande, wat in Afrikaner-suksesstories belangstel, ontvang. “’n Sleutelrede vir hierdie belangstelling is die praktiese oplossings wat Afrikaners ontwikkel het om krisisse in Suid-Afrika die hoof te bied, wat ook Westerse gemeenskappe inspireer.” Hierdie oplossings, wat sterk fokus op selfbestuur en gemeenskapsbou, word gesien as modelle wat ander lande kan volg, aangesien hul eie uitdagings toeneem.

Die beraad het ‘n belangrike bydrae gelewer tot die debat oor federalisme en die toekoms van gemeenskappe in Suid-Afrika. Prof Koos Malan se refleksie oor Johannes Althusius se idees het ‘n historiese grondslag gelê vir die begrip van selfregering, terwyl Alida de Kok die onmisbare rol van gesinne in die politieke landskap uitgelig het. Barend Uys se konsep van Suid-Afrika as ‘n gemeenskap van gemeenskappe het die pragmatiese en toepaslike karakter van federalisme beklemtoon. Carel Boshoff, hoof van die Vryheidstigting, het in sy repliek uitgewys dat die federale gedagte nie net histories relevant is nie, maar ook ‘n noodsaaklike en benutbare visie vir die toekoms bied.

Carel Boshoff, hoof van die Vryheidstigting het die program gelei en deurentyd samebindende kommentaar gelewer.
Carel Boshoff, hoof van die Vryheidstigting het die program gelei en deurentyd samebindende kommentaar gelewer.
Alistair van Heerden – Begrond.
Alistair van Heerden – Begrond.
Voorblad van Koerania - September 2024

Uit die koerant

Hierdie berig het verskyn in Koerania – September 2024, bladsy 1

Kry elke uitgawe by jou voordeur – R600/jaar