← Kultuur

· Deur Koerania-redaksie

Die Orania Volkslied-lirieke benodig ’n melodie

Kan jy ‘n roerende melodie komponeer? Maak die Afrikaner se vryheidsideaal jou opgewonde?

Die Murphy-gesin
Die Murphy-gesin

Kan jy ‘n roerende melodie komponeer? Maak die Afrikaner se vryheidsideaal jou opgewonde? Raak ‘n pragtige volkslied jou hart aan? Dink maar aan Die Stem, Flower of Scotland, Ireland’s call, Die lied van Jong Suid-Afrika. Wek dit nie ‘n tinteling in jou hart op nie?

Elica Joubert is van Orania, Noord-Kaap en die titel van haar lirieke is Oranialied. Susan Puren woon in die Kaap en haar lied se titel is Die Lied van Orania. Sonya Pretorius woon in Pretoria en sy het Volkslied van Orania ingeskryf. Kean Olivier woon in George en sy lirieke heet, Die Fakkel. Die Murphy-gesin woon in Orania en hul titel is Die Roepstem van Orania. Komponiste, daar is min tyd oor om jou pragmelodie met een van die vyf lirieke te laat trou. Dit is nou jou geleentheid om die wen melodie te komponeer. Besoek die webblad vir meer inligting: https://volkslied.co.za/

Elica Joubert
Elica Joubert
Kean Olivier
Kean Olivier
Susan Puren
Susan Puren
Sonya Pretorius
Sonya Pretorius
Voorblad van Koerania - Maart 2024

Uit die koerant

Hierdie berig het verskyn in Koerania – Maart 2024, bladsy 5

Kry elke uitgawe by jou voordeur – R600/jaar