Pedri van Tonder, oorspronklik van Windhoek, Namibië, is ook die kaptein van BKO se rugbyspan. Hy speel flank en is bekend vir sy vermoë om die span bymekaar te hou. "Ek is 'n goeie leier, probeer almal bymekaar hou en maak mense op die rugbyveld rustig," sê hy. Hy is 'n motiverende krag, wat die span aanmoedig om foute reg te maak en nooit moed te verloor nie. Pedri bring ook hierdie leierseienskappe na sy rol as SR-lid. Sy vermoë om te luister, te ondersteun en te help is vir hom uiters belangrik. Pedri sien die behoefte om die verskillende beroepsrigtings op kampus meer by mekaar te betrek, sodat studente soos dié in
Boerderybestuur en Tegniese studies mekaar beter kan leer ken. Deur gesamentlike geleenthede en aksies, soos die Jongreustoekennings, wil hy 'n groter sin vir gemeenskap skep. Sy droom vir 2026 is om meer eerste- en tweedejaars by sport en kultuur te betrek, en sodoende die spangees op kampus te versterk.



