
“Op Majubadag kyk ons terug na een van die grootste oorwinnings wat die Boere tydens die Eerste Vryheidsoorlog behaal het toe hul op 27 Februarie 1881 die Britte op Majuba-berg verslaan het,” sê Cara Tomlinson, die FAK se kultuurkoördineerder in die Noord-Kaap . Die Slag van Majuba word jaarliks regoor die land herdenk en vanjaar het die FAK en BKO hande gevat om 'n groot gros Oraniërs by die voet van die Orania koppie te laat onthou. Cara het 'n stukkie van dié belangrike geskiedenis met die gehoor gedeel. Oud en jonk het opnuut waardering vir die dapperheid en deursettingsvermoë van die boerekrygers gekry.






