← Gemeenskap

· Deur Dia van Staden

Die De Jongh 3-ling word 21

Reylandrie, Reycheska en Reynier de Jongh vier op 26 April hul mondigwording!

Reylandrie, Reycheska en Reynier de Jongh
Reylandrie, Reycheska en Reynier de Jongh

Reylandrie, Reycheska en Reynier de Jongh vier op 26 April hul mondigwording! Na byna 20 jaar in Orania is dié drie vol planne en drome vir hulle toekoms. Al drie het hul GED voltooi. GED staan vir General Education Development. Dit is 'n internasionaal erkende program wat dien as 'n alternatief vir 'n tradisionele hoërskoolloopbaan (soos die Nasionale

Senior Sertifikaat of "Matriek" in Suid-Afrika). Dit is veral gewild onder tuisleerders en volwassenes wat nie hul skoolloopbaan voltooi het nie, of studente wat 'n vinniger roete na 'n NQF 4-ekwivalente kwalifikasie soek. Reylandrie is eerste gebore nadat hulle mamma, Driekie, ‘n keisersnit moes ondergaan. Tweede het Reycheska haar opwagting gemaak en boetie Reynier het sy kans afgewag tot hy laaste gebore is. Die twee meisiekinders is avontuurlustig en wil graag die wêreld sien. Reylandrie, die oudste, vertel dat die kompetisiefaktor tussen hulle drie van tyd tot tyd ‘n uitdaging kan wees. Reycheska is soms nog onseker wat haar gawes behels, alhoewel sy ‘n kreatiewe juwelier is en Reynier vind sy pad tussen die twee meisies, maar hy beoog om homself as ‘n grafiese ontwerper te bekwaam. Vir hulle verjaardag word ‘n lieflike dag saam met hulle ouers as ‘n familie beplan. Pa Reynier en ma Driekie is trots op hulle kroos en wens hulle ‘n geseënde nuwe lewensjaar toe.

Voorblad van Koerania - April 2026

Uit die koerant

Hierdie berig het verskyn in Koerania – April 2026, bladsy 5

Kry elke uitgawe by jou voordeur – R600/jaar