
Corrie Jacobs se reuse bydrae in Orania oor die algemeen deur grootskaalse ontwikkellingsinsette, en tot die Orania Beweging spesifiek deur te help om die Beweging se finansies te stabiliseer en uit te bou is vir ons 'n riem onder die hart en spreek van baie jare se diens. Sy het op die Orania Beweging se uitvoerende raad en die Orania Beweging beleggingsmaatskappy se direksie gedien en het selfloos bitter hard gewerk om die instelling te help groei. Sy het altyd kreatiewe planne gehad, rotsvas gestaan in moeilike tye en die personeel verantwoordelik gehou vir vordering maar ook erkenning gegee vir goeie werk. Die Orania Beweging se personeel het tydens hul onlangse ledenaweek 'n Klein Reus lapelwapen van egte silwer aan haar oorhandig, as 'n teken van diep dankbaarheid




