← Sake

· Deur Koerania-redaksie

Busvervoer kry ’n unieke voorkoms in Orania

Eleksa Orania se twee nuwe elektriese busse se nooiensrit vind toe op Vrydag 13 September vanaf Gannabos na Knapsak plaas.

Die eerste rit met die twee Eleksa-busse.
Die eerste rit met die twee Eleksa-busse.

Eleksa Orania se twee nuwe elektriese busse se nooiensrit vind toe op Vrydag 13 September vanaf Gannabos na Knapsak plaas. Elke bus kan tot 22 persone vervoer. Pendel 1 en 2 is vir die eerste rit stampvol gelaai met pendelaars wat graag die rit wou ervaar.

Albei die busse laat die Oraniavlag trots wapper terwyl die unieke ritte onderneem word. Jannie Roux, die eienaar van Eleksa, is opgewonde om te sien hoe publieke vervoer in Orania nog vorentoe sal ontwikkel. Hy het egter nou die voorbeeld met dié 2 pragtige busse gestel.

Passasiers geniet die eerste rit.
Passasiers geniet die eerste rit.
Die nuwe Eleksa-bus.
Die nuwe Eleksa-bus.
Voorblad van Koerania - September 2024

Uit die koerant

Hierdie berig het verskyn in Koerania – September 2024, bladsy 7

Kry elke uitgawe by jou voordeur – R600/jaar