← Gemeenskap

· Deur Koerania-redaksie

Borgward spog in Orania

Die Nasionale Borgwardklub het vanjaar hul 65ste verjaarsdag op 23 en 24 Mei in Orania gevier.

Borgward spog in Orania – foto 4

Die Nasionale Borgwardklub het vanjaar hul 65ste verjaarsdag op 23 en 24 Mei in Orania gevier. ‘n Groot verskeidenheid Borgwards, van stasiewaens tot sedans en coupe’s het deel uitgemaak van die saamtrek. Borgward is ‘n motor wat bekend is vir sy betroubaarheid en ekonomiese brandstofgebruik. Die Noord en Suidklubs in Suid-Afrika hou ongeveer 300 Borgwards in stand. Die laaste Borgward is in 1962 in Duitsland vervaardig. Dr Carl Borgward het die voertuig ontwerp en sy industrie met blitskarre begin. Die motor het voorheen as die Isabella , of Volksmotor, bekendgestaan.

12 Borgwards het 32 persone vervoer. Daar was 3 Sedans, 2 Stasiewaens, 1 Lloyd Alexander en 6 Koepees. Die Borgeards was vir hulle tyd redelik ekonomies en het oor ‘n afstand van 1800 km, heen en weer, ’n gemiddelde verbruik van 13km per liter aangeteken.

Borgward spog in Orania – foto 2
Borgward spog in Orania – foto 6
Borgward spog in Orania – foto 3
Borgward spog in Orania – foto 1
Borgward spog in Orania – foto 5
Borgward spog in Orania – foto 9
Borgward spog in Orania – foto 10
Borgward spog in Orania – foto 11
Borgward spog in Orania – foto 7
Borgward spog in Orania – foto 8
Voorblad van Koerania - Junie 2026

Uit die koerant

Hierdie berig het verskyn in Koerania – Junie 2026, bladsy 7

Kry elke uitgawe by jou voordeur – R600/jaar