← Sport

· Deur Koerania-redaksie

Bokkieweek laat sport seëvier

Veertien unies het tydens vanjaar se Bokkieweek in Naboomspruit byeengekom vir 'n week van rugby, netbal en hokkie.

Bokkieweek laat sport seëvier – foto 6

Veertien unies het tydens vanjaar se Bokkieweek in Naboomspruit byeengekom vir 'n week van rugby, netbal en hokkie. Die o/13 tot o/19 spanne se spelers, ondersteuners, beamptes, mediese personeel en bestuurspanne het die heerlike warm dae in die noorde geniet, alhoewel die aande koud was. Daar is genoeg kosstalletjies om van te kies en die terreinuitleg was van so aard dat die stap van die een kant na die ander interessant gebly het. Die samestelling van uniespanne is uiteenlopend en die spanne begin eers in die middel van die week 'n ritme en patroon vir samespel ontwikkel. “Bokkieweek is 'n wonderlike leerskool vir enige sportkind wat uitgedaag wil word,” gesels 'n toeskouer. Dit is nie 'n eenvoudige taak om honderde mense in 'n plattelandse dorp te akkommodeer nie. Die program het egter goed verloop en ten spyte van die kompetisiefaktor het sport geseëvier. Hou Bokkieweek se sosiale media platforms dop vir finale uitslae van die week.

Bokkieweek laat sport seëvier – foto 3
Bokkieweek laat sport seëvier – foto 1
Bokkieweek laat sport seëvier – foto 2
Bokkieweek laat sport seëvier – foto 4
Bokkieweek laat sport seëvier – foto 7
Bokkieweek laat sport seëvier – foto 5
Voorblad van Koerania - Julie 2025

Uit die koerant

Hierdie berig het verskyn in Koerania – Julie 2025, bladsy 12

Kry elke uitgawe by jou voordeur – R600/jaar