
Die afgelope paar weke was 'n opwindende avontuur, veral tussen die mense wat ek as my eie beskou. Die vriendelikheid en bereidwilligheid van almal om te help wanneer jy iets nodig het, is 'n ware troos vir die siel. My vrou, Maria, en ek wou al lankal na Orania verhuis, maar soos met God se planne dikwels die geval is, was die tyd eers onlangs ryp om die skuif ernstig te oorweeg. Ons het onlangs besluit dat ek voltyds aanlyn sou begin werk, wat my die vryheid gegee het om vir 'n lang tydperk in hierdie wonderlike dorpie in die Karoo te kom kuier.
Ons doel is om die dorp beter te verstaan en te bepaal hoe ons toekomstige lewe hier deel kan Soos my dae hier minder word, verdiep die volgende besef net: ons het nog baie werk wat voorlê, en dit sal nie vanself in ons skoot val nie. Die vraag waarmee ek volgende gaan stoei as ek hier wegry is: hoe sal ons as gemeenskap – binne en buite Orania – oor die traumatiese gebeure kan kom wat ons lewens as 'n volk gevorm het, en mekaar nog in die oë kan kyk en mekaar vertrou om Orania sterker en groter te maak. vorm van ons strewe na vryheid. In Europa, waar ons tans woon, is ons immers vry en het ons baie tot ons beskikking. God was tot dusver goed vir ons. Vir ons beteken vryheid egter meer as 'n gemaklike lewe sonder ernstige bekommernisse. Wat werklik saak maak, is vrede in jou hart en om tussen mense te leef wat God dien, soos ons self elke dag daarna streef. Orania het in die afgelope weke vir my bevestig dat die Afrikaner-droom nog bestaan en dat daar steeds hoop is vir ons volk. Wat vir my verander het, is die besef dat Orania se vlag nie bloot 'n simbool van erkenning is nie, maar 'n lewenswyse.




