
Die Uysie Kirsten Balletskool sal vanjaar hul 32ste bestaansjaar vier. Daar word met oorgawe geoefen om die balleteksamen, wat gedunde Augustus aangebied word, met vlieënde vaandels te slaag. Studente van so jonk as 4 jaar oud is welkom om hulle dansskoene aan te trek om die fynere kuns van dans aan te leer. Uysie en haar dogter, Eldien, rig die dansvorm, wat soms uiterste dissipline verg, saam af. Die fyn afronding wat met deelname aan dié sportsoort aangeleer word, is lewenslesse wat nooit vergeet sal word nie. Dit is sagte rompies, sykouse, balletskoene, tutu’s en leotards wat die kleredrag uitmaak. Niemand moet hul misgis wanneer dit by die noukeurige bollas van ‘n ballerina kom nie. Dit vorm deel van die brose voorkoms, maar laat ruimte vir die toeskouer om elke beweging behoorlik dop te hou sonder dat klere of hare in die pad van die delikate bewegings kom nie. Vanaf 12 Augustus is daar geleentheid vir nuwe leerlinge om by die Uysie Kirsten Balletskool aan te sluit. Eldien vertel dat daar ook nou ‘n klas vir volwasse vroulike studente of moeders is waar alle dames ‘n nuwe dansvorm kan aanleer of daardie kinderdroom kan bewaarheid. Kontak Eldien Kirsten by 076 712 7801 of Uysie Kirsten by 082 683 6317 vir meer inligting.







