
Op Vrydag 24 April het instellings ‘n mediakonferensie aangebied waartydens die gemeenskap van Orania en Koerania ingelig is oor die onderskeie instellings se verklarings wat aan die Speaker van die Parlement gerig is om die MK-LP Mzwanele Manyi se aanval teen Artikel 235 aan te spreek. ‘n Deelnameproses is tot 1 Mei gevolg, waarin die publiek hul ondersteuning kon toon. Daardie proses het gesluit, maar daar mag weer van die publiek ondersteuning verlang word wanneer die Parlementêre Portefeuljekomitee uitspraak lewer. Gaan vergewis jouself gerus oor die feite van die artikel deur die skrywes te lees en selfs meer inligting te bekom oor die bestaansreg van Orania. Die Orania Beweging se skrywe is hier beskikbaar: - Besoek www.orania.co.za/ondersteun - Vul jou inligting in. Dit dien as 'n digitale handtekening en bewys van ondersteuning vir Afrikaner-selfbeskikking en Artikel 235.
- Lees deur die Orania Beweging se brief en laai dit af. Die Orania Dorpsraad se skrywe kan hier gelees word: Dokumente – My Orania Die Vryheidstigting https://www.facebook.com/share/p/1B31uz XqVE/
Die VF Plus – dr Wynand Boshoff: Manyi oor selfbeskikking: Klaarblyklik begryp MK-LP nie die SA-Grondwet of internasionale reg nie – dr Wynand Boshoff (Vryheidsfront Plus-LP) skryf op 23 April 2026: Manyi oor selfbeskikking: Klaarblyklik begryp MK-LP nie die SA-Grondwet of internasionale reg nie | Freedom Front Plus Joost Strydom sê: "Die Orania Beweging is oorweldig met hoeveel mense ons ondersteun het, en diep dankbaar! Ons vra volgehoue druk wanneer die volgende fase van die proses begin. Ons sal nie op ons louere rus wanneer ons regte aangeval word nie."









