← Sake

· Deur Dia van Staden

Argitek hunker na eenvoud

Die uiteindelike produk wat gelewer word bring vir Jacobus vervulling en die klein belonings langs die ontwerp pad maak dié beroep 'n plesier.

Jacobus le Grange, eienaar van Pluspunt Argitektuur en Meer.
Jacobus le Grange, eienaar van Pluspunt Argitektuur en Meer.

Die uiteindelike produk wat gelewer word bring vir Jacobus vervulling en die klein belonings langs die ontwerp pad maak dié beroep 'n plesier. “Dit is soos 'n koek wat jy bak. Soos wanneer die verskillende komponente reg bymekaar gesit word,” verduidelik hy. Hy vertel van die klein uitdagings langs die pad en lig kliënte wat “soveel soos die argitek self weet” as 'n uitaging uit. Hy verstaan die behoeftes van 'n kliënt, ook omdat dit dalk hul grootste finansiële belegging ooit sal wees. “Deur vir 'n argitek eenvoudige, ondeurdagte tekeninge te gee wat hy dan moet maak werk, is nogal 'n beslommernis en dit spaar die kliënt nie werklik aan uitgawes of tyd nie,” noem Jacobus. Aangesien hy sy beroep as 'n spesialisteitsveld beskou het hy ook persoonlike voorkeure, sonder dat hy dit op 'n kliënt sou afdwing. Hy was voorheen aan die Kaapse kus werksaam en daar het hy baie met moderne style gewerk waar materiale en elemente so goed geplaas word, dat dit nie noodwendig die fokus is nie, maar ruimtelike trefkrag inhou.

Oor volksbou vertel hy: “Dié tydperk korrekte boustyl word gereduseer tot basiese beginsels, maar onder en agter dit is oop ruimtes, wat nie kenmerkend is van volksbou nie. Hy sou die styl eerder in volledige modern ontwerp wou toepas. ‘n Groot inspirasie vir hom is Christopher Alexander, wat die boeke, A pattern language en The timeless way of building, geskryf het. “Hy leer jou daarin hoe om ruimtes lekker te ervaar sodat jy lewensgemak kan hê.” Jacobus beskou 'n voornemende perseel in sy volledige konteks. Natuurelemente en verskeie ander faktore word in ag geneem voordat hy 'n ontwerp begin ontsluit. Ander mense se moedeloosheid en 'n gekla werk hy met sy positiewe ingesteldheid teë. Hy beskou die lewe as 'n geleentheid om altyd na iets uit te sien. Wanneer hy genoeg oefen en sy gesin gelukkig is, is Jacobus gelukkig. Dit motiveer hom. Hy oefen juis tans sy naellope vernuf omdat hy vir die Meesters Atletiekkampioenskappe voorberei. Alhoewel hy in die konsep van mentors glo, is hy steeds op soek na hulle. “My pa, Koos, is beslis 'n mentor vir my, want hy besit een van die grootste kwaliteite van 'n mentor, en dit is dat hy ook vir my die beste wil hê.” Een van sy grootste beroepsaanpassings was by 'n vorige werkgewer, maar tyd het hom geleer dat dit 'n persoon se eie verwagtinge is wat die probleem vererger. “Ek het met tyd geleer om nie te lank te karring aan die verkeerde roete of manier nie, maar om vinniger aanpassings te maak sodat dit in 'n wen-wen omskep kan word.” ‚n Lewenswaarheid wat hom bybly is: “Hoe meer mense, hoe meer dinge en hoe meer dinge, hoe meer goetertjies.” Hy en sy gesin hunker na eenvoud. “Selfwerksaamheid pas ons deeglik toe en dan is ons diep daarvan bewus dat ons self uitdagings sal teëkom. Dit laat jou moeilike goed regkry.”

Voorblad van Koerania - Januarie 2025

Uit die koerant

Hierdie berig het verskyn in Koerania – Januarie 2025, bladsy 7

Kry elke uitgawe by jou voordeur – R600/jaar